top of page

GISTER IS VERBY

  • Writer: Past. Johnny Roberts
    Past. Johnny Roberts
  • Jan 11, 2024
  • 4 min read

Inleiding:

Die impak van die verlede kan 'n kragtige invloed op ons lewens hê. Vandag ondervind ons die gevolge van gister se gebeure, of dit nou vreugde of struikelblokke was. Vandag is die môre waaroor jy jou gister bekommer het. Die doel van hierdie boodskap is 'n uitnodiging om los te breek van die kettings van die verlede, om God se genade te aanvaar, en die hulp en krag van die hede te omhels.


Tema 2024:

Ek wil u kortliks herinner dat ons tema vir die jaar gaan oor "As die regte persoon, op die regte plek, op die regte tyd is, met die regte doelwit, dan sal die regte resultate volg."


Ek het laas week met u gepraat oor wie die regte persoon dan is, en in opsomming het ons dit vasgemaak dat die regte persoon die persoon is wat doen wat hulle hande vind om te doen.


Die Regte Tyd:

Ek wil vir 'n wyle met u praat oor die onderwerp die regte tyd. Die eerste onderwerp sê bloot "Gister is vir altyd verby," maar ek kon ook die titel genoem het "Hoe om gister van jou rug af te kry." Wanneer laas het jy 'n ander persoon wat net so groot soos jy is probeer abba? Dit was lanklaas vir my, en ek moet sê ek sou dit moontlik moeilik vind om iemand van my portuur op my rug te hou. Dit sou moeilik wees om elke dag te leef as jy iemand op jou rug gehad het, amen? En baie mense het iets baie swaarder as 'n ander persoon. Hulle dra 'n swaar vrag. Jy dra dalk vandag of dwarsdeur die afgelope week 'n swaar las; 'n swaar vrag van een of ander aard, want dit is waaroor die lewe gaan. Dit is baie moeilik om in vandag te leef as jy nog gister op jou rug dra. Maar ons hoef nie daar te bly nie. Ek wil graag hê dat u saam met my moet lees uit Psalms 32: vers 1 tot 5.


Dit begin deur te sê: "Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is." Nie net is ons skuld vergewe nie, maar ook vergete. Hierdie skrif sê dat die Here ons ongeregtigheid ons nie toereken nie. Jou rekord word heeltemal uitgevee. Wat 'n gepaste boodskap vir hierdie nagmaal diens, want ja, sonder die bloed van Jesus sal jy nie gister van jou rug af kan kry nie. OMDAT JESUS JOU GISTERS WIL WEGNEEM en Sy bloed gestort het, is daar groot hoop vir elkeen van ons.


Praktiese Stappe:

Hoe begin ons om gister van ons rûe af te kry? As hierdie boodskap met jou gepraat het, stuur 'n kommentaar of kom in kontak. Ek weet dat die Gees van die Here reeds besig is om daar binne in jou te werk, en met jou te praat oor die GISTERS wat jy nog aan vasklou.


Dit mag 'n gister van ongesondheid, 'n tekort aan verlossing, of 'n tekort aan vergifnis wees van dit wat ander aan jou gedoen het. Soms is hierdie alles deurmekaar en ons weet nie eers wat die regte een is om voor eerste te bid nie. Ek gaan probeer om u raad daar ook te gee:


Begin by aanvaarding van Vandag: Elke dag is 'n gawe van God. Dit is 'n dag om te omhels, om God se teenwoordigheid en hulp te aanvaar, en om 'n positiewe impak te maak in die lewens van ander.


Losmaak van die Verlede: God se genade en vergifnis is 'n kragtige realiteit (Hebreërs 8:12). Wanneer Hy ons vergewe het, wil Hy nie meer aan ons sondes dink nie, en Hy moedig ons aan om dieselfde te doen.


Aanvaarding van God se Hulp Vandag: Die Here wil ons vandag help en sy genade is voldoende vir elke uitdaging (Psalm 34:8). Sy beloftes is nie net vir die toekoms nie, maar ook vir vandag (2 Korintiërs 6:2). Hy het vir jou ‘n NUWE BEGIN in stoor, en wil ook hê dat jy Sy hulp en genade moet ervaar.


Self-refleksie en Dankbaarheid: Neem tyd om die goeie dinge in jou lewe te onthou. Skep 'n lys van God se seëninge en lees dit gereeld om 'n houding van dankbaarheid te bevorder.


Vergifnis: Leer om jouself en ander te vergewe. Vergifnis is nie net 'n daad van genade teenoor ander nie, maar dit bevry ook jou van die emosionele las van wrok en bitterheid. Vergifnis is 'n onderwerp waarna ons later in die jaar weer gaan kyk.


Die Krag van 'n Nuwe Begin: Elke dag bied 'n nuwe begin. Aanvaar die moontlikhede van die hede en fokus op die dinge wat jy kan verander en beïnvloed.


Intieme Verhouding met God: Soek 'n intieme verhouding met God deur gebed, Bybelstudie, en 'n lewe van gehoorsaamheid. Laat Hom jou lewe rig en die verlede se invloed verminder. Ons gaan nou in ‘n tyd van vas en gebed in – ‘n ideale tyd om seker te maak dat jou verhouding met God oor gister, vandag, en môre in orde is!

Comments


LEDE IN CHRISTUS
ROBERTSON

Leeuwinlaan 1

Robertson, 6705

logo_bw-removebg-preview.png

Thank you for your query

  • White Instagram Icon
  • White YouTube Icon
  • White Facebook Icon
Logo design_edited.png

Ontwerp deur Lede in Christ Robertson. Gedryf en ondersteun deur Wix

bottom of page